My Kalender

Laai as ICal lêer af
Graad 7 Eksamen: Sosiale Wetenskappe: Geografie
Maandag, 09 November 2026
Vak: Sosiale Wetenskappe: Geografie
Graad: 7

Afbakening:
SOSIALE WETENSKAP: GEOGRAFIE GRAAD 7
Kwartaal 3 Bevolkingsgroei en verandering
Bl. 49–53 Bevolkingskonsepte
• Geboorte-, sterfte- en bevolkingsgroeisyfers; bereken en interpreteer data; Aktiwiteit 1.
Bl. 53–56 Babasterftes en lewensverwagting
• Vergelyk lande en verklaar patrone met behulp van kaarte en data; Aktiwiteite 2 en 3.
Bl. 56–59 Siektes en pandemies
• MIV en vigs, tuberkulose, malaria en diarree; die Spaanse griep; Aktiwiteit 4.
Bl. 60–63 Ekonomiese status, gesinsbehoeftes en gesinsbeplanning
• Lees bevolkingspiramides; ondersoek houdings, oortuigings en verantwoordelike
keuses; Aktiwiteite 5–7.
Bl. 63–65 Konflik en oorloë
• Oorsake en bevolkingsgevolge; verplasing en migrasie; invloed op
bevolkingspiramides; Aktiwiteite 8 en 9.
Bl. 66–69 Regeringsbeleid en wêreldbevolkingsgroei
• China se bevolkingsbeleid; interpreteer ’n lyngrafiek en wêreldkaart; Aktiwiteite 10 –12.
Bl. 69–75 Ontwikkelings wat bevolkingsgroei beïnvloed
• Verhoogde voedselproduksie; wetenskaplike ontdekkings; sanitasie, inmaak en
verkoeling; verbeterde gesondheidsorg; Aktiwiteite 13–15.
Kwartaal 4 Natuurlike hulpbronne en bewaring in Suid-Afrika
Bl. 81–83 Natuurlike hulpbronne
• Definieer en klassifiseer natuurlike hulpbronne; onderskei natuurlike en
mensgemaakte hulpbronne; Aktiwiteit 1.
Bl. 84–85 Gebruik en misbruik van hulpbronne
• Verbind menslike optrede met oorsake, gevolge en verantwoordelikheid; Aktiwiteit 2.
Bl. 86–87 Bestuur van hulpbronne
• Waarom hulpbronne bestuur moet word; vergelyk volhoubare en onvolhoubare
gebruik; Aktiwiteit 3.
Bl. 88–89 Die waarde van bewaring
• Die begrip bewaring; omgewings-, ekonomiese en maatskaplike redes vir bewaring;
Aktiwiteit 4.
Bl. 89–93 Bewaringsgebiede en die Kaapse Weskus-biosfeerreservaat
• Doel en ligging van bewaringsgebiede, insluitend mariene reservate; gebruik ’n kaart
en gevallestudie; Aktiwiteit 5.
Bl. 94–95 Gemeenskapsbewaring en ekotoerisme
• Voorbeelde; voordele en moontlike uitdagings vir gemeenskappe en die omgewing;
Aktiwiteit 6.

Let wel: 5-10% van die vraestel mag insigvrae wees.

Bron: Laerskool Lynnwood - Toetsrooster en -afbakening Graad 7: Eindjaar-eksamen 2026.
Geen presiese tyd word in die brief gegee nie.
Ligging Laerskool Lynnwood