Wat is Geskiedenis?
Geskiedenis is die studie van VERANDERING en ONTWIKKELING, in die samelewing OOR 'N TYDPERK.
Die studie van Geskiedenis stel mense in staat om die wyse van hoe MENSLIKE OPTREDE in die verlede 'n IMPAK op die hede het, en om te verstaan en evalueer hoe dit die TOEKOMS BEÏNVLOED.
Geskiedenis is om te leer hoe om oor die verlede, en by implikasie die hede, op ‘n gedissiplineerde manier te dink. Geskiedenis is ‘N PROSES VAN ONDERSOEK en om vrae te vra oor die verlede:
- Wat het gebeur?
- Wanneer het dit gebeur?
- Waarom het dit dan gebeur?
Dit is oor hoe om ANALITIES TE DINK oor die stories wat mense vertel oor ons verlede en hoe ons daardie inligting internaliseer.
Die studie van Geskiedenis ondersteun ook burgerskap binne ‘n demokrasie deur:

- die waardes van die Suid-Afrikaanse Grondwet te verduidelik en te bevorder;
- burgerlike verantwoordelikheid en verantwoordelike leierskap aan te moedig, insluitende die verhoging van die huidige sosiale en omgewingskwessies;
- menseregte en vrede te bevorder deur uitdagings aan vooroordele oor ras, klas, geslag, etnisiteit en xenofobie uit te daa; en
- om jong mense voor te berei vir die plaaslike, streeks-, nasionale, kontinentale en globale verantwoordelikheid.
Spesifieke doelwitte van Geskiedenis

Die spesifieke doelwitte van Geskiedenis is om die volgende te skep:
- ‘n belangstelling in en genot van die studie van die verlede;
- kennis, begrip en waardering van die verlede en die kragte wat dit vorm;
- die vermoë om ‘n proses van historiese ondersoek te onderneem wat gebaseer is op vaardighede;
- ‘n begrip van historiese konsepte, met inbegrip van historiese bronne en getuienis.
Vaardighede en konsepte van Geskiedenis
Geskiedenis is ‘n proses van historiese ondersoek. ‘n Streng proses van ondersoek stel leerders instaat om die doelwitte te bereik en demonstreer die vaardighede
- Die vind van ‘n verskeidenheid soorte inligting oor die verlede.
- In staat wees om inligting in te samel, byvoorbeeld, vanaf teks, visuele materiaal (insluitende foto’s, spotprente, televisie en rolprente), liedjies, gedigte en onderhoude met mense; die gebruik van meer as een soort skriftelike inligting (boeke, tydskrifte, koerante, webruimtes).
- Keuse van relevante inligting.
- In staat wees om te besluit oor wat belangrike inligting is om te gebruik. Dit kan die keuse van inligting vir ‘n bepaalde geskiedenis onderwerp, of meer spesifiek, ‘n vraag wat gevra word om te beantwoord. Sommige inligting wat weer gevind is, sal nie relevant tot die vraag wees nie, en sekere inligting, alhoewel relevant, sal nie so belangrik of so nuttig soos ander inligting wees nie.
- Besluit of inligting vertrou kan word
- In staat te wees om ondersoek in te stel waar die inligting vandaan kom, wie die inligting geskryf of geskep het en hoekom hulle dit gedoen het? Dit behels ook om te kyk of die inligting korrek is - vergelyk waar die inligting vandaan kom met ander inligting. Baie inligting verteenwoordig slegs een gesigspunt.
- Om iets wat in die verlede gebeur het van-uit meer as een gesigspunt te sien.
- In staat te wees om te onderskei hoe inligting sou wees indien dit van-uit ‘n ander oogpunt gesien of gebruik word. Dit vereis ook die vermoë om twee of meer verskillende gesigspunte oor dieselfde persoon of gebeurtenis te vergelyk.
- Verduidelik waarom die gebeure in die verlede dikwels verskillend geïnterpreteer word.
- In staat te wees om te sien hoe historici, handboekskrywers, joernaliste, of skeppers en ander tot verskillende gevolgtrekkings kom en in staat te wees om ‘n rede (s) te verskaf waarom dit so is in ‘n besondere onderwerp van die geskiedenis.
KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
- Debatteer oor wat gebeur het in die verlede op die basis van die beskikbare getuienis.
- In staat te wees om deel te neem aan gesprekke of debatte en die ontwikkeling van standpunte te vorm oor aspekte van die Geskiedenis, gebaseer op die getuienis wat kom uit die beskikbare inligting.
- Die skryf van Geskiedenis op ‘n georganiseerde wyse, met ‘n logiese lyn van argument.
- In staat wees om oor ‘n gedeelte van die geskiedenis te skryf wat oor ‘n inleiding beskik, die relevante inligting op ‘n logiese manier en ‘n chronologiese volgorde uiteen te sit, en tot ‘n gevolgtrekking te kom wat die vraag wat gestel word op ‘n samehangende manier beantwoord.
- Die belangrikheid van erfenis en bewaring te verstaan.
- In staat te wees om te verduidelik hoe en waarom mense en gebeure in ‘n gemeenskap, dorp of stad, provinsie en die land op ‘n openbare wyse herdenk moet word. Dit behels ook die ondersoek hoe mense en gebeure in die verlede seremonies, feesvieringe, museums en monumente herdenk het.
Dit is van kritieke belang dat hierdie doelwitte en vaardighede vir elke inhoudsonderwerp gevolg behoort te word. Ten einde leerders in staat te stel om hierdie doelwitte te bereik en om hierdie vaardighede te demonstreer, sal hulle ‘n volle begrip van die inhoud moet hê. Geheuevaardighede bly belangrik.
Konsepte in Geskiedenis
Historiese bronne en getuienis: Geskiedenis is nie “die verlede” self nie. Dit is die interpretasie en verduideliking van inligting uit verskeie bronne. Bewyse word geskep wanneer die bronne wat gebruik word om die vrae oor die verlede te beantwoord.
Multi-perspektief benadering: Daar is baie maniere waarop daar na die dieselfde ding in die verlede gekyk kan word. Die wyse waarop na die verlede gekyk word, kan die volgende insluit:
- die verskillende standpunte van mense in die verlede op grond van hul posisie in die samelewing;
- die verskillende maniere wat historici oor hulle geskryf het, en
- die verskillende maniere waarop mense vandag die optrede en gedrag van mense in die verlede beskou.
OORSAAK EN GEVOLG: Die redes vir die gebeure en die gevolge van hierdie gebeure. Die gevolge van gebeure bepaal toekomstige gebeure en help om menslike gedrag te verduidelik.
VERANDERING EN KONTINUÏTEIT: Dit is moontlik om oor ‘n tydperk die kontras oor wat verander het en wat dieselfde gebly het waar te neem. Die nou verwante kontraste wat gebruik word om Geskiedenis te onderrig is: ooreenkoms en verskil, en toe en nou, wat help om sin uit die verlede en die hede te maak.
TYD EN CHRONOLOGIE: Geskiedenis word bestudeer en chronologies geskryf. Dit is belangrik om in staat te wees om gebeure in die volgorde te plaas waarin hulle in tyd gebeur het, en hulle konteks te oorweeg. Tydlyne word dikwels gebruik om hierdie konsep te ontwikkel
Bron:
KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING GRAAD 4-6 ,SOSIALE WETENSKAPPE, Departement van Basiese onderwys, ISBN: 978-1-4315-0777-1 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING GRAAD 4-6