Tuisblad
  • Tuisblad
  • Afdelings
    • Algemeen
    • Internet
    • Kontak ons
  • Hulp
    • Hulp stelsel
      • Paneelbord
      • Meld fout aan
    • Hulplêer
      • Apple
      • Andriod
      • Windows
      • Office 365
        • Office 365 (Laerskool Lynnwood)
        • Office 365
        • Onedrive
        • Outlook
        • Teams
        • Word
        • Excell
        • PowerPoint
        • OneNote
        • ClipChamp
      • GoogleEarth
      • GIMP
      • Scratch jr
      • Scratch
      • LibreOffice
    • Videos
      • Beveilig jou rekenaar
      • Rekenaar en tegnologie
      • MacOS
      • Lunix Mint
      • Gimp videos
      • Scratch
      • Libre Office
        • Calc
        • Writer
    • Privaatheidsbeleid
  • Het jy jou wagwoord vergeet?
  • Het jy jou gebruikersnaam vergeet?

My Klas

Tegnologie hulpbronne en ondersteuning

 

Laerskool Lynnwood

 

Skool1 My Klas - Laerskool Lynnwood IT-Tuisblad

Laerskool Lynnwood is 'n skool in die ooste van Pretoria.

Hier glo ons, soos wat in die SOS artikel deur Marlien van der Westhuizen geskryf is dat "tegnologie nooit ʼn onderwyser in die klas kan vervang nie, maar tegnologie in die hande van ʼn kreatiewe onderwyser, kan leer op hoër vlakke laat plaasvind."

By Laerskool Lynnwood gebruik ons die MyKlas webblad as in interne hulpbron. Die webblad word gebruik om tegnologie in die hande van onderwysers en leerders te plaas. Tegnologie soos die MyKlas webblad maak oplossings in onderwys moontlik wat vroeër ondenkbaar was.

Die IT-kantoor verskaf toerusting, programme en webblaaie aan personeel en leerders. Die MyKlas webblad is 'n portaal wat al hierdie dienste aan mekaar verbind. Die MyKlas webblad is dus waar alle e-leer, administratiewe dienste en ondersteuning aan personeel en leerders gebied word.

 

 

Tegnologie in die klaskamers

Tegnologie-integrasie

Tegnologie-integrasie

In haar artikel, "Van tradisionele klaskamers tot dinamiese leerruimtes" skryf Sarina Prinsloo dat tegnologie kan ingespan word as ‘n brug tussen die tradisionele en moderne onderrigmetode.

Hier by Laerskool Lynnwood word leerders aangemoedig om die wêreld binne én buite die klaskamer te verken deur gebruik te maak van:

MyKlas%20Scratch My Klas - Laerskool Lynnwood IT-Tuisblad

  • rekenaars,
  • projektors,
  • klank toerusting,
  • rekenaar programme
  • internet, 
  • video's,
  • app's soos google earth, en 
  • vele meer

Die MyKlas webblad dien as vensters en deure na ‘n wêreld van onbeperkte moontlikhede, en skep ‘n omgewing waar leer en onderrig nie deur fisiese grense beperk word nie. Hier word gebruik gemaak van hulpbronne soos videos, e-aktiwiteite en vele meer.

Klaskamers moet verander

Klaskamers moet verander om tred met industriële revolusie te hou

In Afriforum se artikel "Klaskamers moet verander om tred met industriële revolusie te hou" word dr. Lieb Liebenberg van FutureLearn en ITSI aangehaal waar hy verwys na die sogenaamde 6 C’s. Hierdie vaardighede waarna verwys word is net soos vandag, ook vir toekomstige werknemers noodsaaklik. By laerskool Lynnwood berei ons kinders voor om gereed te wees vir vandag maar ook 'n moontlike loopbaan in die wêreld wat nog nie bestaan nie. 

verklein3 My Klas - Laerskool Lynnwood IT-Tuisblad

Die 6 C's waarna verwys word is:

  • kommunikasie (communication),
  • groepswerk (collaboration),
  • kreatiwiteit (creativity),
  • kritiese denke (critical thinking),
  • karakterontwikkeling (character) en
  • burgerlike verantwoordelikheid (citizenship).

Niemand weet hoe die wêreld in 2050 gaan lyk nie. Almal besef egter dat daar enorme uitdagings gaan wees.

Leerlinge wat vandag op die skoolbanke sit, gaan antwoorde op moderne probleme moet kan gee. Om dit te kan doen, sal hulle oor die vermoë moet beskik om te kan leer. By Laerskool Lynnwood skep ons vir kinders 'n omgewing waar hulle kan leer en gee ons vir hulle die gereedskap om hulle te help leer.

Tegnologie in die klasse

Belangrikheid van tegnologie in die klaskamer

In die SOS artikel, Belangrikheid van tegnologie in die klaskamer wys dit daarop dat heelwat navorsing deesdae gedoen word oor die gebruik van tegnologie in die klaskamer.

Die skrywer wys ook daarop dat daar gesê word dat die hedendaagse kind, meer visueel leer omdat hulle meer toegang tot tegnologie het en ook baie meer kundig in die gebruik daarvan is as kinders wat voor 2000 gebore is. Daarom moet die tradisionele manier van onderrig en leer hierby aanpas en is die doeltreffende gebruik van tegnologie vir innoverende onderrig en leer belangrik.

Rekenaar1 My Klas - Laerskool Lynnwood IT-Tuisblad

Voordele van die gebruik van tegnologie

  • Dit motiveer leerders en bevorder hul betrokkenheid by leeraktiwiteite wat terselfdertyd die geleentheid bied om probleemoplossingsvaardighede te ontwikkel.
  • Nuwe moontlikhede van leerruimtes buite die klaskamer word ontsluit.
  • Hoëvlakdenke en vaardigheidsontwikkeling word gestimuleer – en dit is belangrik omdat die hedendaagse arbeidsmark dit vereis.
  • Die praktiese toepassing van kennis deur self navorsing te doen, take uit te voer en die gevolglike interaksie met ander leerders, dra by tot die leerproses.
  • Die ouer het nou die geleentheid om saam met die kind te leer en te sien hoe hulle die werklikheid van die wêreld ervaar binne ’n omgewing waar die ouer steeds beheer kan uitoefen.
  • Dit is ‘n bykomende hulpbron wat leer makliker maak omdat dit kan voldoen aan die leerder se spesifieke behoeftes.
  • Leerders en ouers kan met die onderwyser per e-pos kommunikeer indien nodig.
  • Omdat elke les anders aangebied kan word, bly die leerervaring nuut en nie vervelig nie.
  • Sukses is ook meer gefokus, kan gemonitor en bestuur word sodat daar bepaal kan word hoe om projekte te benader en te ontwikkel sodat die leerder die meeste voordeel daaruit kan geniet.

 

Vrae en antwoorde

+ - Wat is die My Klas webblad? Klik om toe te maak

Die MyKlas webblad is 'n IT-stelsel wat gebruik word by Laerskool Lynnwood. 

LL%20Logo%20Full%20colour%20small My Klas - Laerskool Lynnwood IT-Tuisblad

Hierdie webblad is geskep om 'n diens te lewer aan bestaande personeel en leerders.

Die MyKlas webblad is nie 'n bemarkingswebblad of kommunikasiekanaal nie.

Nuwe ouers wat skole ondersoek en Laerskool Lynnwood oorweeg word aanbeveel om na die skool se bemarkingswebblad te gaan vir meer inligting omtrent die skool.

Ouers wat na inligting soos datums, briewe, afbakenings, ens. soek moet na die d6 Connect gaan vir hierdie inligting.

By Laerskool Lynnwood maak ons van Office 365 en Teams gebruik om leerders tuis te ondersteun. Leerders kan met personeel kommunikeer en het toegang tot lesmateriaal wat deur personeel gelaai word. 

+ - Word die webblad ook deur leerders by die skool gebruik? Klik om toe te maak

verklein6 My Klas - Laerskool Lynnwood IT-Tuisblad

Die webblad word in die klas gebruik gedurende  

  • graad RRR tot graad 5 om toegang to webblaaie te verkry wat deur die skool toegelaat word
  • graad 6 Rekenaarvaardighede, 
  • graad 7 Rekenaarvaardighede en
  • graad 7 Sosiale-Wetenskappe.

Die webblad dien as 'n e-handboek tydens rekenaarvaardighede. Leerders ontvang nie 'n tradisionele handboek tydens rekenaarvaardighede nie. Instruksies en hulplêers verskein op die webblad vir werk wat tydens rekenaarvaardighede gedoen word.

Tydens Rekenaarvaardighede en Sosiale Wetenskappe word die webblad gebruik vir aanbieding van inhoud, videos en klank opnames. Soms sal ons ook van e-aktiwiteite gebruik maak gedurende lesse.

+ - Word die webblad ook deur ouers gebruik? Klik om toe te maak

Die webblad is nie vir die doel ontwerp nie.

billionphotos-4184384 My Klas - Laerskool Lynnwood IT-Tuisblad

Indien daar inligting of skakels is in die publieke area van die webblad, kan ouers daarvan gebruik maak, maar die webblad is ontwerp vir gebruik deur Personeel en leerders in gr 6 en 7 rekenaarvaardighede en gr 7 sosiale wetenskappe.

Ouers wie se kinders 'n gebruikernaam en wagwoord het sal van hul kinders se gebruikersnaam en wagwoord kan gebruik maak om toegang te verkry na inligting wat van toepassing is op hul kinders se werk in  gr 6 en 7 rekenaarvaardighede en gr 7 sosiale wetenskappe aangesien die webblad dien as 'n e-leer platvorm in die klas vir hierdie leerders. Soms sal daar ook in Teams skakels na die webblad wees vir hierdie leerders.

'n Verdere doel van die webblad is ook om dienste en hulp te verskaf verskaf aan personeel deur skakels na hierdie hulpbronne. Van die skakels is deur die IT-span geskep en kan personeel neem na 'n ander bladsy van die webblad. Ander skakels kan hulle neem na die verskaffer se hulplêers op hulle webblad of Youtube kanaal.

Skakels kan artikels, videos en klank opnames insluit. Indien dit 'n video is sal dit deur die Youtube platvorm speel. Soms maak ek dinge in die publieke area beskikbaar indien ek voel dit hoef nie agter 'n gebruikernaam en wagwoord te wees nie. Dan kan ouers natuurlik daarvan gebruik maak.

+ - Mag enige iemand van inligting op die webblad gebruik maak? Klik om toe te maak

Enige iemand is welkom om van inligting in die publieke area van die webblad gebruik te maak.

e_Leer1 My Klas - Laerskool Lynnwood IT-Tuisblad

Slegs die volgende personeel en leerders maak van die webblad gebruik deur in te teken met 'n gebruikernaam en wagwoord.

  • Graad 6 Rekenaarvaardighede leerders moet inteken met hul gebruikernaam en wagwoord tydens rekenaarvaardighede.  Die webblad dien as 'n e-leer platvorm met lesinhoud, aktiwiteite en ander hulpbronne.
  • Graad 7 Rekenaarvaardighede  leerders teken ook in tydens rekemaarvaardighede en gebruik steeds die webblad as 'n e-leer platform.
  • Graad 7 Sosiale Wetenskappe leerders teken ook in om gebruik te maak van lesinhoud, videos, aktiwiteite en memorandums.
  • Personeel teken in om gebruik te maak van hulp, en ander funksies in die IT-stelsel
 
 
 

Sakels na ander hulpbronne

Office365 My Klas - Laerskool Lynnwood IT-Tuisblad

By Laerskool Lynnwood maak ons van Office 365 en Teams gebruik om met personeel en leerders te kommunikeer.

d6Connect My Klas - Laerskool Lynnwood IT-Tuisblad

Die skool se amptelike bron waar hulpbrone soos briewe, volledige skoolkalender en vele meer gelaai word.

LL%20Logo%20Full%20colour%20small My Klas - Laerskool Lynnwood IT-Tuisblad

Gaan na ons bemarkingswebblad waar jy meer kan leer oor die skool en ook sal sien hoe jy 'n Lynnie kan word.

 

Afdelings

Algemeen

Artikels My Klas - Laerskool Lynnwood IT-Tuisblad

Internet

billionphotos-918799 My Klas - Laerskool Lynnwood IT-Tuisblad

Hulp

billionphotos-935421 My Klas - Laerskool Lynnwood IT-Tuisblad

 
Sterkte met die Geografie: Kaartvaardighede eksamen op Maandag 19 Mei
Sterkte met die Geografie: Kaartvaardighede eksamen op Maandag 19 Mei Finding your local time...
2
 

Waardes waarvolgens ons leef by Laerskool Lynnwood

12
9
19
11
17
13
10
16
18
15
14
8
 

 

MyKlasLogogWit%2070x70 My Klas - Laerskool Lynnwood IT-Tuisblad My Klas

 

 

LL%20Witlogo My Klas - Laerskool Lynnwood IT-Tuisblad

My Klas © deur C.P. Esterhuizen