Terme en voorwaardes

Laas opgedateer: [25 Julie 2025]

Toegang tot die webblad

  • Gedeeltes van die webblad is publiek toeganklik en bied beperkte inligting.
  • Geregistreerde gebruikers (met gebruikersnaam en wagwoord) het toegang tot afsonderlike inhoud en dienste wat nie vir die publiek beskikbaar is nie.
  • Toegang is beperk tot gebruikers wat deel vorm van die Laerskool Lynnwood-gemeenskap: leerders, ouers en personeel.

Veiligheid en gebruik van aanmeldbesonderhede

  • Elke gebruiker is verantwoordelik vir die veilige gebruik van hul eie gebruikersnaam en wagwoord. Indien jy vermoed iemand anders het toegang tot jou profiel moet jy self jou wagwoord verander.
  • Dit is streng verbode om iemand anders se aanmeldbesonderhede te gebruik.
  • Misbruik van ‘n ander persoon se gebruikersnaam of wagwoord word as ‘n ernstige oortreding beskou en kan lei tot dissiplinêre optrede binne die skool, en indien nodig, regsaksie ingevolge Suid-Afrikaanse wetgewing.

Gebruik van Kaspaas AI

  • Kaspaas AI is ‘n hulpmiddel wat gebruik word om leerders en personeel te ondersteun.
  • Alhoewel die AI indrukwekkende hulp kan verleen, kan dit soms foutiewe of onvolledige inligting verskaf.
  • Gebruikers bly self verantwoordelik om inligting wat van die AI verkry word, te verifieer en verantwoordelik aan te wend in projekte of take.
  • Gesprekke wat met die AI gevoer word, is nie privaat nie. Hierdie gesprekke kan deur skoolpersoneel gesien word om gebruikers by te staan en die AI se kennisbasis uit te brei.
  • Moet dus nie enige persoonlike, sensitiewe of vertroulike inligting via die AI-funksie deel nie.

Inhoud en veranderinge

  • Inhoud op die webblad kan enige tyd aangepas of opgedateer word sonder voorafkennisgewing.
  • Die skool doen moeite om korrekte inligting aan die AI en webblad te verskaf, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir foute of versuim nie.

Eiendomsreg en bestuur

  • Die webblad is die intellektuele eiendom van Coenie Esterhuizen, IT-bestuurder en onderwyser by Laerskool Lynnwood.
  • Die webblad word met die goedkeuring van die skool se bestuur ontwikkel en onderhou.
  • Die webblad lewer uitsluitlik ‘n diens aan die skool en sy gemeenskap.
  • Toegang van buite Suid-Afrika word beperk of geblokkeer om misbruik te voorkom.

Wysiging van terme

  • Hierdie terme en voorwaardes kan enige tyd hersien of opgedateer word om aan te pas by veranderende behoeftes. Dit bly die gebruiker se verantwoordelikheid om op hoogte te bly van enige veranderinge.

Indien jy enige vrae het oor hierdie bepalings, kontak gerus vir Coenie Esterhuizen by Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.