Wat is rekenaarvaardighede?

billionphotos-2919554 My Klas - Rekenaarvaardighede

Tegnologie wat reg aangewend word verander 'n mens in 'n superheld!

Tegnologie soos rekenaars gee aan jou super magte wat jou instaat stel om met mense te praat en hulle selfs te sien, maak nie saak waar in die wêreld hulle is nie. Jy kan die moeilikste wiskundige berekeninge doen. Die mooiste kunswerke maak. Jy kan self jou eie videos maak wat klank, animasie en kamerawerk insluit. Jy kan gebruik maak van 'n foon  of kamera en die fotos of videos intrek in jou rekenaar projek. Jy kan in 'n oogwink na enige plek in die wêreld kyk sonder om weg te beweeg van jou rekenaar af. Jy het toegang tot enige onderwerp in die wêreld. Jy kan die inligting verwerk, artikels skryf of dit aanbied as 'n hulpbron tydens 'n praatjie. Jy kan selfs jou eie programme skryf waar jy probleme oplos deur vir die rekenaar instruksies te gee in 'n programeringstaal en die rekenaar kan dan die instruksies uitvoer as iemand jou program gebruik.

Tegnologie sluit nie net rekenaars in nie maar alle mensgemaakte hulpbronne, ja selfs pen en papier. Gewone mense gebruik tegnologie maar superhelde weet waneer is een tegnologie beter vir wat hy wil doen bo 'n ander. 'n Superheld besef dat rekenaars 'n belangrike funksie in die samelewing het maar soms is dit meer effektief om vinnig pen en papier nader te trek. Die superheld weet ook dat hy met 'n rekenaar dinge kan doen wat nooit moontlik sou wees met pen en papier nie, maak nie saak hoe vaardig hy met pen en papier is nie. 'n Superheld weet dus wanneer om watter tegnologie in te span.

Ons gaan hierdie vaardighede aanleer sodat ander mense wat na ons werk kyk ook dink ons het super magte.

Ons gaan ons "super magte" ontdek deur ons REKENAARVAARDIGHEDE ontwikkel. 

 

Wat is die boustene vir rekenaarvaardighede?

Rekenaarvaardighede is 'n wetenskap wat deel  van die STEAM groep vakke is. Die STEAM vakke bestaan uit:

STEM My Klas - Rekenaarvaardighede

Wanneer rekenaarvaardighede aangebied word is dit soos wanneer jy 'n huis bou. Enige huis moet eers 'n sterk fondament hê. Die volgende ilustrasie dui aan hoe die vak saamgestel en aangebied word.

 

Boustene%20vir%20kodering%20en%20programering My Klas - Rekenaarvaardighede

 

By Laerskool Lynnwood is dit vir ons belangrik dat leerders aan die einde van elke skooljaar vaardig moet wees met die toerusting en programme wat deur die loop van die jaar bemeester is. Die volgende jaar se lesinhoud bou op die inhoud wat reeds bemeester is.

Nie slegs rekenaarvaardighede nie, maar ook rekenaar etiket, is vir ons baie belangrik. Leerders leer hoe om van die rekenaar gebruik te maak om met respek met ander te kommunikeer. Met selvertroue projekte en take af te handel.

Ons maak gebruik van programme soos MS Outlook om met mekaar te kommunikeer maar leerders kan nie met mense buite die skool omgewing kommunikeer nie. Leerders kan dus e-Pos stuur en ontvang indien dit geadresseer is aan mede leerders of aan onderwysers. Ouers is verantwoordelik om hul kinders se e-pos gereeld deur te gaan vir boodskappe van die onderwysers en ook om te kyk wat kinders met mekaar kommunikeer.

Grondslagfase leerders maak gebruik van programme wat vir hulle muis, sleutelbord en algemene rekenaarvaardighede aanleer. Hierdie programmetjies leer vir die kind vaardighede aan deur aktiwiteite wat gebasseer is op speletjies of inkleur. In die klas is die onderwyser ook besig met six-bricks en lyfie-kodering waar hulle begin met kodering vaardighede. Hier sal leerders begin om eenvoudige probleme op te los deur kodering instruksies uit te voer.

In GRAAD 1 tot 3 maak leerders gebruik van programme wat aan hulle rekenaarvaardighede leer. Leerders begin ook met kodering deur gebruik te maak van Scratch jr.

Web_0005 My Klas - Rekenaarvaardighede

Ons gaan nou konsentreer op tikvaardighede en muis vaardighede. Konsepte soos regsklik, links-klik, copy en paste word nou vasgelê.

KoderingGF My Klas - Rekenaarvaardighede

Tikvaardighede My Klas - Rekenaarvaardighede

Leerders leer dat werk gestoor moet word sodat jy weer aan die projek kan werk. Rekenaar etiket is ook baie belangrik en leerders leer goeie gebruike soos om nie verstellings aan die rekenaar te maak wat 'n invloed sal hê op 'n ander kind se ervaring as hy die rekenaar benodig nie. In die klas is die onderwyser ook besig met six bricks kodering waar probleem oplossing deur kodering aangeleer word.

 

Six-Bricks My Klas - Rekenaarvaardighede

ScratchJr2 My Klas - Rekenaarvaardighede

Gedurende GRAAD 4 en 5 sal leerders begin om die rekenaar aan te wend om produktiwiteits take te verrig met MS Word / Libre writer en MS PowerPoint / Libre Impress.

office365A My Klas - Rekenaarvaardighede

Leerders sal ook probleme op te los deur kodering. Kodering kom nou na die rekenaarsentrum in die vorm van Scratch. Scratch word gebruik om basiese programering vaardighede aan te leer deur blok gebasseerde kodering.

Story My Klas - Rekenaarvaardighede

Graad 5 Leerders stoor hulle werk op die rekenaar se hardeskuif. Produktiwiteits programme soos MS Word / Libre Writer en MS PowerPoint / Libre Impress word nou bekend gestel.

In GRAAD 6 sal leerders hulle werk in Office 365 of LibreOffice doen. Ons maak ook van Scratch gebruik om programering en kodering aan te leer. 

Scratch My Klas - Rekenaarvaardighede

 

Office365 My Klas - Rekenaarvaardighede

 

LibreOffice1 My Klas - Rekenaarvaardighede

Ons stoor ons werk op die rekenaar en laai dit in "My Klas" se "My Skooltas" indien ons tuis daaraan wil werk of dit wil inhandig vir assessering. Sodoende is die werk ook tuis beskikbaar want "My Skooltas" werk soos 'n "cloud" waar ons werk met mekaar kan deel of dit op ander rekenaar kan aflaai. Inhandiging van take en projekte word nou per e-pos gedoen met MS Outlook. Produktiwiteits aktiwiteite word nou gebasseer op vakinhoud van Sosiale-Wetenskappe. Kodering vaardighede word nou aangewend om regte lewe probleme op te los in Microsoft Excel en programering word aangeleer deur blok gebasseerde kodering in Scratch.

Ons sluit ons laerskool loopbaan af in GRAAD 7 deur al ons vaardighede in take en projekte te toon. 

billionphotos-2145148 My Klas - Rekenaarvaardighede

Ons sal steeds ons werk in Office 365 of LibreOffice se bondel produktiwiteits programme afhandel.

Ons stoor ons werk op ons rekenaar maar laai dit steeds in "My Klas" se "My Skooltas" om tuis daaraan te werk en vir assessering. Assessering is legs vir die onderwyser om te bepaal of die kind die projek kon afhandel, dit tel nie as deel van hul raport punt nie. 

Produktiwiteits aktiwiteite word nou gebasseer op vakinhoud van Sosiale-Wetenskappe.

Kodering vaardighede word nou aangewend om regte lewe probleme op te los in Microsoft Excel en programering word aangeleer deur blok gebasseerde kodering in Scratch

Microsoft Office 365 en LibreOffice

Ons gaan baie vaardig word in die gebruik van Microsoft Office 365. Microsoft Office 365 is 'N GROEP PRODUKTIWITEIT PROGRAMME wat in een bondel bekend staan as Office 365. Ons gaan gebruik maak van ons eie office 365 profiel en elke leerder gaan leer hoe belangrik dit is om gebruik te maak van 'n GEBRUIKERNAAM en WAGWOORD om toegang te verkry tot hierdie profiel. Jy gaan hierdie inligting korrek dokumenteer in jou huiswerkboek en beskikbaar hê wanneer nodig, anders het jy nie toegang tot jou eie inligting nie. Ons gaan van hierdie programme as WEBAPPS gebruik maak. 'N WEBAPP IS 'N PROGRAM WAT JY KAN GEBRUIK VAN ENIGE REKENAAR AF SOLANK AS WAT JY INTERNET TOEGANG OP DIE REKENAAR HET. 'n WebbApp is soortgelyk aan 'n webblad maar funksioneer sonder al die funksies van 'n Internet Browser.

office365.png My Klas - Rekenaarvaardighede

Of

LibreOffice1 My Klas - Rekenaarvaardighede

Ons gebruik die volgende produkte in hierdie bondel programme: 

Microsoft Word of Libre Writer

'n Program waarmee ons dokumente skryf. Dit kan briewe, opstelle, take en projekte en nog baie meer insluit. Ons kan alleen aan 'n dokument werk of van die samewerking funksies gebruik maak om in 'n groep aan 'n projek te werk. Ons gaan ook leer hoe om funksionaliteit soos formatering korrek te gebruik.

Microsoft Excel of Libre Calc

'n Program waarmee ons data wat ons insamel gaan verwerk. Ons gaan berekeninge doen en grafieke opstel om die inligting voor te stel.

Microsoft PowerPoint of Libre Impress

'n Program wat ons gaan gebruik om inligting wat visueel aan te bied.

Microsoft Teams

Microsoft_Office_Teams My Klas - Rekenaarvaardighede

 'n Program waarmee ons groepe skep en as klas saamwerk, inligting deel en kommunikeer.

Gimp

GIMP My Klas - Rekenaarvaardighede

Gimp is 'n program waarmee grafiese ontwerp gedoen word. Ons gebruik Gimp om 'n sketskaart van 'n lokale gebied te teken.

Scratch

Scratch%20Landing%20page My Klas - Rekenaarvaardighede

'n Program wat gebruik word om rekenaar programering vaardighede aan te leer. Dit maak van blok gebaseerde programering gebruik en leer vir ons hoe om probleme op te los deur programmering.

Internet

billionphotos-4541082 My Klas - Rekenaarvaardighede

Die internet is wonderlik maar net soos die normale wêreld waarin ons leef is dit nie 'n plek waar ons wil hê kinders moet blootgestel word aan alles wat op die internet is nie. Net soos in die regte wêreld is daar plekke op die internet wat ons weet goed en veilig is en plekke wat ons eerder wil vermei. Ons het verskeie stelsels in plek om vir ons leerders by te staan om slegs die plekke op die internet te besoek wat ons self skep of wat ons ondersoek het en as veilig beskou het. Leerders mag glad nie van hulle eie toestelle by die skool gebruik maak nie. Internet toegang by die skool deur WiFi en bekabelde netwerke is ook slegs beskikbaar vir personeel. Leerders mag slegs van die internet in die rekenaarsentrum en e-leersentrum gebruik maak onder toesig van 'n rekenaarsentrum onderwyser. Hierdie internet toegang is beperk tot die webblaaie wat deur onderwysers vooraf versoek is. Slegs hierdie webblaaie word oopgemaak en toegan word verkry deur 'n skakel op die "My Klas webblad".

Browsers

Microsoft Edge is 'n program wat vir ons toegang tot enige webblad op die internet gee. Daar is baie verskillende soorte Internet Browsers maar hulle werk almal omtrent dieselfde. By die skool gebruik ons hoofsaaklik Microsoft Edge omdat ons ook gebruik maak van Microsoft 365. Indien jy Microsoft Edge saam met Office 365 gebruik is die twee programme deur dieselfde maatskappy geskep wat beteken hulle werk beter met mekaar saam. Ander Internet Browsers werk ook goed. Voorbeelde van ander Internet browsers is. Firefox, Brave en Safari. Ons gebruik Firefox in die e-Leersentrum en MS Edge in die rekenaarsentrum om vir kinders te leer dat albei werk ewe goed. Baie mense gebruik Google Chrome en moontlik is dit die browser wat jy by die huis gebruik.

billionphotos-918799 My Klas - Rekenaarvaardighede

My Klas

MyKlas%20Des2024 My Klas - Rekenaarvaardighede

Die My Klas webblad is 'n e-Leer stelsel wat gedurende rekenaarvaardighede en Sosiale-Wetenskappe gebruik word.

Google-Earth-1 My Klas - Rekenaarvaardighede

Google Earth Pro kan as 'n webblad gebruik word op enige rekenaar. Dit is 'n model van die aarde en die sterrestelsel. Die model kan gemanipileer word deur die skaal te stel. Daar is ook funksionaliteit om somige plekke vanaf straat vlak te beskou.

Wikipedia

Wikipedia-Logo My Klas - Rekenaarvaardighede

Hierdie e-Ensiklopedie is beskikbaar in alle tale. Ons gebruik beide die Afrikaanse en Engelse weergawes om inligting te soek vir take en projekte.

Rekenaars gee selfs superkragte aan Kaspaas

BatmanKaspaas My Klas - Rekenaarvaardighede

Wat dit vir onderwysers doen is ongelooflik!

BatmanCoenie My Klas - Rekenaarvaardighede