Hoe ontwikkel die vaardighede deur die grade?

Grondslagfase: Graad R tot 3

In die Grondslagfase begin kodering op ’n konkrete en speelse manier. Leerders herken en voltooi patrone, orden alledaagse gebeure en volg eenvoudige instruksies in die regte volgorde. Hulle gebruik onder meer beweging, liggaamskodering, Six Bricks, papieraktiwiteite en toepaslike speletjies om probleemoplossing en algoritmiese denke te ontwikkel.

Leerders ontwikkel terselfdertyd basiese toepassingsvaardighede. Hulle leer om ’n muis en sleutelbord te gebruik, ’n program oop te maak, eenvoudige digitale inhoud te skep en hul werk te stoor. Handelinge soos linksklik, regsklik, sleep, kies, kopieer en plak word stelselmatig aangeleer.

Met ScratchJr kan jong leerders karakters laat beweeg en eenvoudige stories of animasies skep deur visuele kodeblokke in ’n logiese volgorde te plaas.

Gaan na Gr 4 tot 6