Laerskool Lynnwood – Rekenaar- en Tegnologiebeleid
1. Doel en toepassing
Hierdie beleid beskryf die reëls en verantwoordelikhede vir die gebruik van alle rekenaar- en tegnologiehulpbronne by Laerskool Lynnwood. Dit geld vir:
- Personeel wat gebruik maak van skooltoerusting en -dienste.
- Rekenaars
- Drukkers (en ander kantoor toerusting)
- Projektors (en ander aanbieding toerusting)
- Luidsprekers (en ander klank toerusting)
- Netwerk (en ander beknabbeling)
- Elektriese en elektroniese toerusting
- Leerders wat toegang tot die rekenaarsentrums en internet het.
- Alle gebruikers van die skool se amptelike digitale platforms:
- www.lynnwoodlaer.co.za bemarkingswebblad)
- www.myklas.co.za (IT-stelsel, hulplyn en amptelike fout aanmeld stelsel)
- D6 Connect desktop App of webApp vir ouers en personeel.
- D6Plus webApp
- Office 365
- Aanbiedings (bv. PowerPoint)
- Internet
- Videos
- Enige ander elektroniese kommunikasie
Die beleid beoog om veilige, wettige en doeltreffende gebruik van tegnologie te verseker, en die skool se digitale hulpbronne te beskerm.
2. Eienaarskap en toewysing van toerusting
- Alle rekenaars, skootrekenaars, projektors, drukkerstoerusting en ander tegnologie wat deur die skool aangekoop is, bly die eiendom van die skool.
- Toerusting word geallokeer aan spesifieke klaskamers, kantore of installasies.
- Geen toerusting mag verskuif, geleen of elders gebruik word sonder skriftelike toestemming van die IT-kantoor nie.
- Personeel wat ’n skoolskootrekenaar ontvang, teken die amptelike Rekenraartoekenningsooreenkoms en is verantwoordelik vir die veilige gebruik en berging daarvan.
3. MyKlas – enigste erkende IT-diensportaal
- Die www.myklas.co.za webblad is die amptelike IT-diensportaal van die skool.
- Alle fout aanmeldings, tegniese hulp versoeke en IT-ondersteuning moet slegs deur MyKlas aangemeld en bestuur en gemonitor word.
- Ander kommunikasiekanale (bv. persoonlike boodskappe of e-pos) kan nie as amptelike fout aanmeldings aanvaar word nie.
- Die stelsel beskerm beide die gebruiker en die IT-personeel deur alle versoeke en aksies te log.
4. Internetgebruik
4.1 Personeel
- Personeel mag van die skool se WiFi en bedrade netwerk gebruik maak mits hulle toestelle deur die IT-kantoor geregistreer is en sekuriteitsvereistes soos antivirus nagekom word.
- Slegs amptelike werkverwante streaming, aflaaie en aanlynkommunikasie word toegelaat.
- WhatsApp en Microsoft Teams is die enigste goedgekeurde kitsboodskapprogramme vir skoolgebruik.
4.2 Leerders
- Leerders mag slegs internet gebruik in die rekenaarsentrums of e-leersentrums onder toesig van ’n onderwyser.
- Geen leerder mag die skool se WiFi gebruik of toegang probeer kry tot die netwerk nie. Oortreding word as ’n ernstige dissiplinêre saak hanteer.
- Toegang tot die internet is beperk tot vooraf-goedgekeurde webbladsye wat deur onderwysers versoek en deur die IT-span gekeur is.
4.3 Veilige en wettige gebruik
- Geen aanstootlike, gewelddadige, pornografiese of diskriminerende inhoud mag besoek, afgelaai of gedeel word nie.
- Geen speletjies mag in die rekenaarsentrum deur die webbrowser gespeel word, afgelaai word of geïnstalleer word nie.
- Rekenaarsentrum rekenaars mag slegs vir opvoedkundige doeleindes aangewend word en mag nie gebruik word om leerders besig te hou nie.
- Plagiaat en die onwettige kopiëring van materiaal word verbied. Leerders en personeel moet bronne erken.
- Die gebruik van derdeparty proxies of VPN’s om netwerkbeperkings te omseil is streng verbied.
5. Rekenaarlokale en opvoedkundige gebruik
- Rekenkaarsentrums is uitsluitlik vir opvoedkundige gebruik onder toesig.
- Geen speletjies, sosiale media of privaat aflaaie word toegelaat nie.
- Toestelle en werkstasies moet netjies en veilig gelaat word na gebruik.
- Persoonlike toestelle van leerders word nie in die rekenaarsentrum toegelaat nie.
6. Sekuriteit en wagwoorde
- Elke gebruiker is verantwoordelik vir hul eie gebruikersnaam en wagwoord. Wagwoorde mag nie gedeel word nie.
- Personeel moet hul toestelle beveilig, wagwoorde gereeld verander en onmiddellik verlies of diefstal van toerusting by die IT-kantoor en bestuur aanmeld.
7. Persoonlike toestelle (BYOD)
- Personeel mag eie toestelle vir klasgebruik bring mits dit voldoen aan die skool se sekuriteitstandaarde (bv. antivirus, wagwoorde, geen onwettige sagteware).
- Die skool aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlies, skade of herstel van persoonlike toestelle nie.
- Leerders mag nie hul eie toestelle vir internettoegang gebruik nie.
8. Sosiale media
- Personeel mag nie leerders as “vriende” op privaat sosiale media platforms hê nie.
- Alle aanlynkommunikasie wat die skool of sy personeel raak, moet professioneel en respekvol wees.
- Sosiale media mag nie die skool se reputasie skade aandoen nie.
9. Monitering en dissiplinêre maatreëls
- Die skool het die reg om enige gebruik van die skool se IKT-infrastruktuur en gekoppelde toestelle te monitor, te log en, indien nodig, toegang te beperk.
- Oortredings van hierdie beleid kan lei tot:
- Beperkte netwerktoegang of konfiskering van toerusting.
- Dissiplinêre optrede volgens die skool se gedragskode.
- In ernstige gevalle, kriminele klagte ingevolge toepaslike wetgewing.
10. Aankope en sagteware
- Alle aankope van hardeware of sagteware vir skoolgebruik moet deur die IT-kantoor goedgekeur en aangekoop word.
- Self-installasie van ongemagtigde sagteware op skooltoerusting is verbied.
11. Ondertekening
Alle personeel en toepaslike gebruikers moet ’n “Rekenaar- en Tegnologie-ooreenkoms” onderteken. Deur te onderteken erken die gebruiker dat hulle die beleid verstaan en sal nakom.
Byvoegsels deur die Myklas webblad
- A: Personeel se rekenaar en tegnologie ooreenkoms.
- B: Opleidingsmateriaal - Internetveiligheidswenke vir personeel en leerders.
- C: Hulp, ondersteuningsmateriaal en Foutaanmeldingsproses op MyKlas.
