Wat moet ek doen om Office 365 en MS Teams op my rekenaar/foon/ tablet rekenaar af te laai?

Indien jou kind nog nie 'n Office 365 profiel het nie kan u hier versoek dat een geskep word.

Tux%20by%20skool My Klas - Office 365 (Laerskool Lynnwood)

Sodra jy jou kind se gebruikersnaam en wagwoord ontvang het gaan jy na Microsoft Office se landingsblad: https://www.office.com

Office365 My Klas - Office 365 (Laerskool Lynnwood)

Teken nou in met die gebruikersnaam en wagwoord wat aan u verskaf is. Volg die instrksies wat aan u per e-pos gestuur is.

Gr%206%20Kw%201%20Rekenaars%20Les%203%20Office365HomePageSmall My Klas - Office 365 (Laerskool Lynnwood)

Hier teken jy in met die gebruikersnaam en wagwoord.

  • Gebruikersnaam: 
  • Wagwoord: 

Die gebruikersnaam, wagwoord en instruksies sal per e-pos aan u gestuur word.

VorigeGebruiker My Klas - Office 365 (Laerskool Lynnwood)

Indien die stelsel ook deur ander gebruik word sal die stelsel die laaste gebruiker onthou wat ingeteken was. In so geval klik jy op SWITCH TO A DIFFERENT ACCOUNT.

Office365HomePageSmall My Klas - Office 365 (Laerskool Lynnwood)

TEKEN NOU IN MET JOU KIND E-POSADRES  AS JOU GEBRUIKERSNAAM EN JOU WAGWOORD.

Lees nou eers die epos adres in wat vir die kind geskep is deur die skool. Dit sal aan u per e-pos gestuur word nadat jou kind se inligting op die skool se stelsels bevestig is.

Wagwoord My Klas - Office 365 (Laerskool Lynnwood)

ADDISIONELE INLIGTING

Soms sal Office vir jou vir addisionele inligting vra. Jy moet dan JOU (DIE OUER) SELFOONNOMMER EN E-POSADRES  REGISTREER OF KONTROLLEER. Dit stel jou in staat om self jou kind se gebruikersnaam en wagwoord te kan redigeer of herwin indien jy dit sou vergeet het. Indien jy nie jou e-posadres en selfoonnommer vir hierdie doel registreer nie sal jy afhanklik van die skool wees om enige veranderinge te maak as julle probleme sou ondervind om in te teken. Die skool kan hiermee help maar jy sal moet aanvaar dat dit nie altyd dadelik gedoen kan word nie. Moet asseblief nie jou kind se gebruikersnaam en wagwoord verander nie. Kinders gebruik ook Office 365 gedurende rekenaarvaardighede en kinders wie nie kan inteken nie maak dat kosbare tyd verlore raak.

Jy is nou in die Microsoft portaal waar al die sagteware gereed lê om in die webapp “browser”  gebruik te word. Indien daar 'n aflaaibare weergawe by die ooreenkoms ingesluit is sal die "download" knoppie beskikbaar wees. Soos vroeër reeds gesê, is sommige sagteware volgens die Microsoft A1 ooreenkoms slegs deur die "webapp ” beskikbaar. Indien hulle vir ons 'n aflaaibare weergawe gee sal daar 'n “download software” knoppie wees. Vir WORD, EXCEL, POWERPOINT EN OUTLOOK VERKRY ONS SLEGS TOEGANG DEUR DIE WEBAPP maar vir Teams kry ons ‘n aflaaibare “App” wat jy op jou rekenaar kan installeer. Graad 6 en Graad 7 leerders sal dus by die skool van die webapp gebruik maak want hulle gaan van hierdie programme gebruik maak vir hulle projekte tydens rekenaarvaardighede.

gr%206%20Kw%201%20Rekenaarvaardighede%20Les%204OfficeWebAppMenu My Klas - Office 365 (Laerskool Lynnwood)

Indien jy in die Teams "webapp" ingaan sal jy egter opmerk dat daar 'n aflaai “DOWNLOAD” skakel is. Hier kan jy die "APP" aflaai en installeer.

 

'n Teams groep sal vir elke vak in die leerder se profiel sigbaar word sodra die VAKONDERWYSER die leerder aan die vak gekoppel het. Indien u nie ‘n spesifieke vak kan sien nie moet u asseblief die VAKONDERWYSER kontak. 

Elke persoon in die team sal 'n kennisgewing ontvang sodra ‘n les deur ‘n onderwyser opgestel is. Jy behoort ook kennisgewings op jou foon, tablet of rekenaar te ontvang maar dit sal van jou persoonlike opstelling afhang. Jy sal herinner word om by die les aan te sluit voor die les begin.

Jy kan 'n foon tablet of rekenaar gebruik om by die les aan te sluit. Ons (Laerskool Lynnwood) kan egter nie waarborg dat alle fone, tablette en rekenaars sal werk nie. Microsoft Office produkte is geskep om op rekenaars met die nuutste weergawe van Windows te werk. Indien jy van ander toerusting gebruik maak moet jy self enige probleme oplos.

Klik nou in die uitnodiging op "Join". Daar is nie noodwendig opnames vir elke les nie. Slegs opnames van nuwe inhou word gemaak. Aan die linkerkant van jou Teams groep sal jy die volgende knoppies vind:

  • GENERAL - hierdie kanaal word deur teams geskep. Dit kan nie deur die onderwyser hernoem of weggeneem word nie. Dit word slegs as algemene landingsblad gebruik. Onderwysers kan algemene inligting hier plaas wat nie van toepassing is op 'n spesifieke kwartaal se inhoud nie.
  • KWATRAAL 1 - Hierdie knoppie word deur die onderwyser geskep en inligting wat hier geplaas word is spesifiek van toepassing op die inhoud van kwartaal 1. Bo aan die bladsy kan ook die volgende knoppies gevind word;
    • Posts,
    • Files,
    • Notes, en
    • My Klas (Slegs Graad 6 en Graad 7 leerders kry hierdie knoppie)
  • KWARTAAL 2 - Hierdie knoppie word deur die onderwyser geskep en inligting wat hier geplaas word is spesifiek van toepassing op die inhoud van kwartaal 1. Bo aan die bladsy kan ook die volgende knoppies gevind word;
    • Posts,
    • Files,
    • Notes, en
    • My Klas (Slegs Graad 6 en Graad 7 leerders kry hierdie knoppie)
  • KWARTAAL 3 - Hierdie knoppie word deur die onderwyser geskep en inligting wat hier geplaas word is spesifiek van toepassing op die inhoud van kwartaal 1. Bo aan die bladsy kan ook die volgende knoppies gevind word;
    • Posts,
    • Files,
    • Notes, en
    • My Klas (Slegs Graad 6 en Graad 7 leerders kry hierdie knoppie)
  • KWARTAAL 4 - Hierdie knoppie word deur die onderwyser geskep en inligting wat hier geplaas word is spesifiek van toepassing op die inhoud van kwartaal 1. Bo aan die bladsy kan ook die volgende knoppies gevind word;
    • Posts,
    • Files,
    • Notes, en
    • My Klas (Slegs Graad 6 en Graad 7 leerders kry hierdie knoppie)

Die volgende HULPBRONNE is voorbeelde van hulpbronne wat aangewend kan word tydens 'n "les". MS Teams integreer met alle Microsoft produkte en ook met baie nie-Microsoft produkte.

  • Powerpoint
  • videos: Intern of Youtube
  • Visualizer
  • Whiteboard
  • Pdf-dokument
  • Webwerwe

 Onderwysers sal hulpbronne aan lesse koppel wat bydrae tot die leeruitkoms.

Ek is beskikbaar vir hulp in die middae na skool (14h00 tot17h00) vir TEGNIESE ONDERSTEUNING. Stuur asseblief u versoek per e-pos Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk. . GEEN WHATSAPP NAVRAE sal hanteer word nie. INDIEN U ‘N VAKNAVRAAG, BV. WISKUNDE HET, SAL U DIE VAKONDERWYSER moet kontak aangesien elke vakonderwyser sy eie “Teams” bestuur. Ek het nie noodwendig toegang tot ander personeel se “Teams” nie. 

Coenie Esterhuizen