Inleiding

Met die vinnige ontwikkeling van Kunsmatige Intelligensie (AI) het leerders maklike toegang tot hulpmiddels wat werk namens hulle kan skep. Hierdie beleid help onderwysers om eerlike en regverdige assessering te verseker en terselfdertyd leerders op te voed oor verantwoordelike gebruik van AI.

Beginsels

  • Akademiese integriteit: Alle werk wat ingelewer word, moet die leerder se eie insig en vaardighede weerspieël.
  • Verantwoordelikheid: Leerders bly aanspreeklik vir enige werk wat onder hul naam ingelewer word.
  • Ondersteuning, nie vervanging: AI mag gebruik word as hulpmiddel (bv. idees, verduidelikings, proeflees) maar nie as plaasvervanger vir die leerder se eie werk nie, tensy dit spesifiek deur die onderwyser toegelaat is.

Praktiese Riglyne vir Onderwysers

Taakontwerp

  • Ontwerp take wat persoonlike refleksie, plaaslike voorbeelde of stap-vir-stap prosesse insluit
  • Gebruik mondelinge verduidelikking of klasopvolgvrae om begrip te toets.

Verifiëring van Werk

  • Vergelyk die styl met vorige werk van die leerder.
  • Vra verduidelikings of begripvrae in die klas na inhandiging.
  • Gebruik AI-opsporingsinstrumente (AI-detectiontools) slegs as bykomende hulpmiddel – nooit as enigste bewys nie.

Hantering by Vermoede van AI-gebruik

  • Gesels eers met die leerder en vra verduideliking.
  • Indien werk duidelik nie eie is nie, kan die leerder gevra word om ’n alternatiewe klastaak te voltooi
  • Volg die skool se dissiplinêre prosedures vir akademiese oneerlikheid indien nodig.

Riglyne vir Leerders

  • Jy mag AI gebruik om idees te kry, verduidelikings te lees of jou werk te verbeter – maar jy moet dit self verwerk en in jou eie woorde weergee.
  • Indien AI gebruik word, moet dit by die einde van die werk aangedui word (bv. “Ek het ChatGPT gebruik om voorbeelde van opsommings te sien, maar die antwoord is in my eie woorde geskryf.”)
  • AI mag nie gebruik word om ’n volledige taak namens jou te voltooi nie.

Opleiding en Bewusmaking

  • Onderwysers sal opleiding ontvang oor hoe om AI in die klaskamer verantwoordelik aan te spreek.
  • Leerders sal geleer word oor etiese gebruik van tegnologie en waarom akademiese eerlikheid belangrik is.

Slot

AI kan ’n waardevolle hulpmiddel wees indien dit reg gebruik word. Hierdie beleid help om ’n balans te handhaaf tussen tegnologie en die ontwikkeling van leerders se eie vaardighede. Hierdie beleid kan aangepas word aangesien die gebruik van AI in skole maar nog nuut is beiede vir leerders en onderwysers. Aanpassings sal aan leerders en onderwysers gekommunikeer word

Coenie Esterhuizen

IT-bestuurder