WAT IS DIE MY KLAS WEBBLAD?

Die My Klas webblad is 'n IT-stelsel wat gebruik word by Laerskool Lynnwood.

Hierdie webblad is geskep om 'n diens te lewer aan bestaande personeel, leerders en ouers.

Hierdie is nie die skool se amptelike bemarkingswebblad nie. Indien u belangstel in die skool se bemarkingswebblad kan u op die skool se logo klik.

 

LL%20Logo%20Full%20colour%20small My Klas - Wat is die My klas webblad?

 

Waarvoor word die My Klas webblad gebruik?

Personeel en leerders gebruik die webblad as 'n IT hulpbron. IT-Probleme kan aangemeld word en Inligting is beskikbaar vir leerders en ouers in die PUBLIEKE AREA van die webblad. Geen gebruikersnaam en wagwoord word vir díe inligting wat vir leerders en ouers beskikbaar is vereis nie.

  • Slegs leerders wat die stelsel in die klas gebruik tuidens Sosiale Wetenskappe en rekenaarvaardighede moet in-teken met 'n gebruikersnaam en wagwoord.
  • Alle personeel moet inteken om die webblad te gebruik

Personeel, leerders en ouers kan van die webblad gebruik maak om;

  • Inligting te verkry deur te klik op skakels na dokumente, videos of drywers
  • IT-Hulp te verkry deur foute aan te meld en vordering te monitor.
  • Skakels na ander stelsels  te verkry. bv. Office 365, Google Earth, WikiPedia, ens.
  • Interne dokumente te kry, soos stylgids dokumente en distruk memorandums, ens.

Gr 6 en 7 leerders gebruik die webblad tuidens Sosiale Wetenskappe en Rekenaarvaardighede as 'n e-Leer stelsel. Leerders sal deur die onderwyser geregistreer word om van al die funksionaliteit wat hulle benodig op die webblad gebruik te maak.

By die skool word die webblad gebruik om;

  • Internet toegang te kry in die rekenaarsentrum en e-leer sentrum vir leerders.
  • Inhoud te vertoon tydens LESAANBIEDING. Soms word ADISIONELE HULPBRONNE BYGEVOEG OF INHOUD word volgens die skool se behoeftes AANGEPAS.
  • INHOUD, AKTIWITEITE en MEMORANDUMS beskikbaarte maak vir leerders. Soms word aktiwiteite wat in die handboek is aangepas, verduidelikkings word bygevoeg. Memorandums word ook gereeld aangepas volgens klasbesprekings.
  • VIDEOS en ANDER HULPBRONNE word ook hier geplaas. Soms maak ons, ons eie videos en klankopnames en soms plaas ons toepaslike videos van ander verskaffers. Hierdie videos word met toestemming van die vervaardiger se Youtube lisensie in die webblad geplaas.
  • E-AKTIWITEITE is beskikbaar vir leerders wat ekstra oefeninge wil doen. Hierdie e-aktiwiteite kan gebruik word as hersienning, vaslegging van konsepte of dit kan opgestel word as 'n assessering.