Wat is Sosiale Wetenskappe?

Die vak Sosiale Wetenskappe bestaan uit Geskiedenis en Geografie. Beide Geskiedenis en Geografie moet gedurende elke kwartaal van die skooljaar onderrig en geassesseer word. Alhoewel die twee dissiplines apart gehou word, is hierdie kurrikulum ontwerp om die kennis (inhoud, vaardighede en konsepte), soos uiteengesit in elk aan te vul.

Assesseringspunte moet afsonderlik vir elke vak op die skool se verslae getoon word - ‘n punt vir Geskiedenis en ‘n punt vir Geografie. Hulle moet dan saamgevoeg word en deur twee gedeel word om ‘n gemiddelde punt vir Sosiale Wetenskappe te gee.Sosiale-Wetenskappe

Hierdie Sosiale Wetenskappe-kurrikulum is daarop gerig om geleenthede vir leerders te verskaf om na hul eie wêrelde met vars, kritiese oë te kyk en dalk nog belangriker is dit daarop gemik om leerders aan ‘n wêreld buite hul alledaagse werklikhede bekend te stel. Skole moet spesiale plekke vir leerders wees om hulle met kennis, waartoe hulle andersins nie sou toegang hê nie, toe te rus.

Die belangrikheid van diepte van kennis word erken. Ware kennis vereis dat leerders kennis en vertroue het as ‘n gevolg van ‘n in-diepte leer. Die passkatting van onderwerpe word in hierdie kurrikulum gespesifiseer deurdat ure vir elke onderwerp toegeken is. Tye dui die diepte aan wat benodig word.

Leerders word opgelei om te spekuleer, te debatteer, konneksies te maak, te kies, te prioritiseer en om te volhard in die aanpak van die werklike kwessies en belangrike vrae.

Dit is noodsaaklik in die onderrig van Geskiedenis en Geografie dat leerders aangemoedig word om vrae te vra:

  • Wie?
  • Waar?
  • Wat?
  • Hoekom nie?
  • Wanneer?
  • Hoe?
  • Indien?
  • Kon?
  • Is/word?

En teen die tyd dat hulle by die Senior Fase kom:

  • Indien?

Die vrae wat die leerders aan onderwysers stel, is ‘n goeie aanduiding van voorkennis, persepsies, belange, insigte en bekommernisse.

Taal is ‘n belangrike element van beide Geskiedenis en Geografie. Verskillende vorme van die teks (mondeling, geskrewe en visueel) is sentraal tot beide dissiplines. Leer vind plaas deur middel van interaksie met hierdie tekste. DIT IS BELANGRIK OM TE ONTHOU DAT ELKE ONDERWYSER ‘N TAAL-ONDERWYSER IS.

Net so is SKRIF ‘N VAARDIGHEID wat deur middel van hierdie twee vakke ontwikkel word. LEERDERS MOET GEREELD SKRYF, met ‘n duidelike progressie in lengte en kompleksiteit deur die grade. Die KABV taaldokumente spesifiseer vlakke van vereiste vir skryf en moet gereeld geraadpleeg word. Bewyse van ‘n leerder se werk, insluitend die assessering, moet bygehou word in die leerder se notaboek.

­