Leer kinders om die internet veilig te gebruik 

Die internet kan 'n wonderlike wêreld wees met bronne oor feitlik enige onderwerp. Dit is egter ook hier waar die internet se grootste gevaar lê. Die internet word nie gereguleer nie en enige iemand kan inligting op die internet plaas. Van hierdie inligting kan ongepas wees vir kinders. Ons as volwassenes weet wat die gevare is en hoe om dit te vermy. Dieselfde kan nie van 'n kind verwag word nie. Wanneer ons van kinders verwag om van die internet gebruik te maak sal ons as volwassenes hulle hiermee moet bystaan. Internet veiligheid

Alhoewel ek graag wil hê dat my leerders my webblad as hulpbron moet gebruik is dit ook vir my belangrik dat ouers die nodige stappe moet neem om die kinders se internet gebruik te reguleer.

Die meeste van ons neem stappe om ons internet gebruik so veilig as moontlik te maak. Die gebruik van goeie internet sekuriteit sagteware is in vandag se lewe amper nie meer onderhandelbaar nie. Dit is belangrik om bewus daarvan te wees dat nie alle antivirus en malware sagteware ewegoed is nie. Ek het al meer virusse van rekenaars met gratis antivirus sagteware verwyder as rekenaars met geen antivirus sagteware nie. Spandeer eerder ‘n paar rand en koop behoorlike sagteware.

Voor ek my keuse maak op die aankoop van Antivirus of malware sagteware spandeer ek baie tyd deur op bronne soos Google en YouTube te soek na "Top 5 Antivirus"  of "Top 5 Malware sagteware". Ek vergelyk gewoonlik verskeie lyste in die soek resultate en kyk dan hoeveel van hulle ooreenstem. Ek kyk ook of die sagteware 'n totale internet sekuriteit plan insluit wat beskerm teen antivirus, malware, ransomware asook "Zerodag" aanvalle. Verder kyk ek ook of die pakket sagteware beskikbaar het vir ‘n foon en ‘n tablet rekenaar.

As jy kinders het is dit natuurlik ook belangrik om te kyk of hulle sagteware beskikbaar het wat jy op jou kind se rekenaar, foon of tablet kan laai waarmee jy jou kind se internet gebruik kan beheer. Kaspersky se SafeKids is hiervoor baie oulik. Jy kan hiermee toegang tot sekere webblaaie gee en toegang tot ander weier. Jy kan ook die tye stel wat jou kind toegang tot die webblaaie mag hê en toegang tot die internet die res van die tyd heeltemal blok. Daar is heelwat soortgelyke programme maar ek is net vertroud met Kaspersky.

Op die internet is baie goed geskryfde artikels hoe jy jou kind kan veilig hou op die internet Volg gerus die skakel na so 'n artikel wat geplaas was in huisgenoot: Leer kinders veilig die internet gebruik

Een van die leerders in my klas het vir my laat weet dat hulle gebruik OurPact - OurPact is the most comprehensive parental control app and family locator, perfect for families of any sizes. Dit is soortgelyk aan Kaspersky se SafeKids.


You don`t have permission to comment here!
­