Tuisblad

Die tuisblad is die eerste bladsy wat oopmaak as jy die webblad besoek. Die tuisblad knoppie is altyd beskikbaar op die webblad. Indien jy op die tuisblad knoppie klik sal dit jou dadelik terugneem na die tuisblad.

Tuisblad

Die webblad bevat nie veel publieke inligting nie. Daar word op die tuisblad kortliks verduidelik wat die webblad is en waaroor dit gaan. Leerders en onderwysers moet egter inteken met hul gebruikersnaam en wagwoord om inligting te sien wat op hulle van toepassing is.

Inteken

Ek registreer alle leerders en deel die inligting by die skool uit op 'n brief wat aan elke leerder spesifiek gerig is. Indien jy jou gebruikersnaam onthou maar die wagwoord vergeet kan jy dit self herstel deur te kliek op "Jou wagwoord vergeet". Indien jy jou Gebruikersnaam vergeet kan jy kliek op gebruikersnaam vergeet maar vir albei hierdie funksies sal jy moet toegang hê tot die e-pos adres waarmee ek die profiel geskep het. Ek gebruik die e-pos adres wat ek vir jou geskep het toe ek jou vir MS Teams gerigestreer het. Jy kan die e-pos adres self verander maar ek beveel dit nie aan nie aangesien ek e-pos na die adres toe gaan stuur in die toekoms en ek verwag dat jy dan daarna sal kyk.

Indien jy na enige inligting op die webblad soek en nie seker is waar om dit te vind nie is die soek funksie baie waardevol.

Soek

Tik dit waarna jy soek in die blokkie waar staan soek en klik op die vergrootglas. Die soek resultate sal op die bladsy gelys word en indien jy die korekte resultaat vind kan jy daarop klik en die bladsy sal oopmaak.

Artikels wat op die landingsblad vertoon word kan gestel word om vir die "Publiek" sigbaar te wees of net vir 'n bepaalde groep. Indien jjy inteken met jou gebruikersnaam en wagwoord kan daar dus artikels bykom wat nie vir die publiek beskikbaar is nie. Ek maak artikels op die landingsblad sigbaar wat ek dink algemeen van aard is en interessant sal wees om te lees. Die boonste artikels sal altyd verdydelik waaroor die webblad gaan maar ek plaas ook artikels vir ouers, leerders en personeel wat die webblad gebruik. Ouers en leerders sal meestal vakgerigte artikel lees vir Sosiale-Wetenskappe en Personeel kan gebruik maak van Vakgerigte of IT-gerigte artikels

Die knoppies op die landingsblad sal verander sodra daar na 'n ander afdeliing genavigeer word. Die "Tuisblad" en "Hulp" Knoppie is die enigste knoppies wat altyd op alle bladsye beskikbaar sal wees. Die ander knoppies pas altyd aan en slegs die knoppies wat op jou keuses van toepassing is sal aan jou vertoon word.


You don`t have permission to comment here!
­