Kies 'n kontak
Kontak-beeld
Onderwyser: SW & IT Bestuurder
Adres:
Rodericksroad 450 Lynnwood, Pretoria, Guateng, 0081, South Africa
E-Pos:
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Selfoon:
0832268283
Laai inligting af as: vCard
Stuur 'n epos
Ander inligting:

Projek

Ek is die Sosiale-Wetenskappe onderwyser by Laerskool Lynnwood in Pretoria. Ek het die my klas projek in November 2019 afgeskop. Die projek was eers lynnies.co.za genoem maar toe die skool die lynnies domain self wou gebruik het ek besluit om my eie domain te registreer. Aangesien die webblad aanvanklik slegs as sagteware vir rekenaars in my klas sou dien het ek die projek gerigistreer as "My Klas". Die projek het egter a.g.v. die COVI-19 pandemie gegroei to baie meer as dit wat die oorspronklike plan was. Die projek bestaan op die oomblik uit die volgende afdelings:

My Klas

Die my klas webblad is 'n e-leer en klasbestuur stelsel vir my klas. Ek gee Sosiale Wetenskappe by Laerskool Lynnwood en is ook die skoo se IT-bestuurder. Alle beplanning en rekordering doen ek direk op My Klas. Al die skool se IT-Stelsels word ook deur die My Klas webblad bestuur. Die belangrikste van die webblad is egter die e-leer komponent wat daagliks in die klas gebruik word. Leerders het ook toegang hiertoe vanaf enige toestel wat internettoegang het. Onderwyssers, departementshoofde, adjunkhoofde en die skoolhoof het ook enige tyd toegang tot enige inligting. Die stelsel werk met toegangbeheer met gebruikersnaam en wagwoord. Die gebruikersnaam en wagwoord sal bepaal wat jy kan sien.

My Skooltas

My skooltas is 'n klein bietjie spasie wat ek vir my leerders beskikbaar stel om inligting op te laai wat hulle met my deel. Dus kan hulle werk in bv. MS Word, Excell, PowerPoint of enige ander program doen en dit oplaai vir my aandag. Ek kan dit assesseer of kommentaar lewer en hulle kan weer dit aflaai. Dit is dus my weergawe van iets soos "Dropbox"

My Kalender

My kalenderis waar ek my beplanning doen. Hier kan leerders sien wat ek beplan, of hulle huiswerk het, toets en assesserings datums met afbakenings kry.

My Wêreld

My Wêreld is 'n Sosiale Wetenskap klub wat ek graag op die been wil bring. Kinders wat aansluit by die klub sal saam met my op uitstappies gaan, kampe doen en so die vaardighede wat ons in die klas aanleer in die groter wêreld toepas.

­